Tesourie en Reserwebank wil kripto onteien in Suid-Afrika
Die regulering van kripto-geldeenhede in Suid-Afrika het hierdie week ‘n massiewe, en grillerige, wending geneem. Verslae deur MyBroadband het onthul dat die Nasionale Tesourie asook die Suid-Afrikaanse Reserwebank tans beraadslaag en wetgewing ondersoek wat die owerhede die mag sal gee om digitale bates te “onteien” (confiscate of op beslag te lê).
Hierdie nuus is ‘n onmiddellike wekroep vir enigiemand wat in die mark belê. Regerings wêreldwyd is bewus daarvan dat landsburgers rykdom in die digitale sfeer verskuil om swak nasionale valuta vry te spring. Die maklikste manier vir die staat om hierdie fondse in die hande te kry, is om Suid-Afrikaanse beurse en “crypto service providers” soos Luno of VALR met nasionale wetgewing te teiken en ‘n bevel tot beslaglegging te bedien.
Die skrikwekkende realiteit is: as jou fondse by hierdie derdeparty besighede op die stelsel rus, hou jy nie die ware eienaarskap nie. As die wet die beurs beveel om jou fondse oor te dra na die staat, of dit te vries, sal die platform geen ander keuse hê as om dit te doen nie.
Wat sê BitBok:
- Hierdie is die beste en duidelikste bewys tog dat sentrale regulering altyd sal lei tot sentrale beheer en konfiskering.
- Jou enigste absolute skild teen staatsinmenging is “cold storage”. Jy moet jou eie munte van platforms afhaal.
- As jy alleen jou private wagwoord besit, sal geen staat, regter of weermag ooit in staat wees om jou fondse oop te sluit nie.
