Wêreldwye PHP-krisis dwing Presidensie se webwerf vanlyn
Die Suid-Afrikaanse Presidensie het Vrydag hul amptelike webwerf as ‘n voorsorgmaatreël vanlyn gehaal in reaksie op ‘n grootskaalse, wêreldwye kubersekuriteitsgebeurtenis. Hierdie drastiese stap volg slegs twee dae nadat noodopdaterings vrygestel is vir kritieke swakpunte in die PHP-programmeertaal, wat tans aktief deur kuberkrakers wêreldwyd ontgin word. Alhoewel die amptelike verklaring nie PHP direk by die naam […]
