Suid-Afrikaners staar nuwe kripto-bedrog in die gesig weens AI-tegnologie

Gewone Suid-Afrikaanse kripto-gebruikers moet meer as ooit op hul hoede wees. ‘n Nuwe verslag deur die blokketting-datafirma Chainalysis waarsku dat kripto-bedrog in Suid-Afrika en Afrika ‘n drastiese en gevaarlike transformasie ondergaan danksy Kunsmatige Intelligensie (AI). Bedrogspulle word aansienlik meer oortuigend en moeilik om raak te sien.

Die gemiddelde verlies per slagoffer het die afgelope jaar wêreldwyd met 253% opgeskiet. Kuberkriminele gebruik toenemend AI om gesofistikeerde SMS- en WhatsApp-veldtogte te skep, na-aap-webwerwe te bou en mense te mislei met bedrieglike “beleggings”. Veral “impersonation” (wanneer ‘n bedrieër hom voordoen as ‘n bekende platform, vriend of gesagsfiguur) het met meer as 1400% toegeneem.

Die outeurs van die verslag benadruk dat die kripto-tegnologie self nie die probleem is nie. Mense se vertroue bly die grootste sekuriteitsrisiko. Vir enige Suid-Afrikaner wat in kripto belê, is die boodskap duidelik: wees uiters versigtig as iemand ongevraagd met jou kontak maak, en verifieer altyd inligting deur betroubare kanale.

Wat sê BitBok:

  • Kripto-verwante bedrog styg drasties weens die inspan van Kunsmatige Intelligensie.
  • Bedrieërs doen hulself voor as gesagfigure of platforms om Suid-Afrikaners te flous.
  • Dit is krities om skepties te bly oor “vinnige” beleggingsgeleenthede op sosiale media en WhatsApp.

Bron: https://www.sowetan.co.za/news/2026-08-17-south-africans-face-new-crypto-threats-as-ai-scams-surge/