Skokverslag: Kripto-inbrake oorskry reeds vanjaar die $1 miljard kerf

Die prys van aanneming en innovering kom ongelukkig dikwels met ‘n bitter smaak in die mond vir beleggers wat nie die reëls van die netwerk streng navolg nie. ‘n Nuwe verslag van sekuriteitsfirmas het ‘n verbysterende statistiek geopenbaar: daar was reeds vanjaar alleen 68 afsonderlike kuber-voorvalle en inbrake wat gelei het tot verliese van meer as $1 miljard.

Die oorgrote meerderheid van hierdie verlore fondse is egter nie uit gewone mense se persoonlike kluise gesteel nie, maar eerder as gevolg van skuiwergate (“exploits”) in die kode van nuwe gedesentraliseerde platforms (DeFi), asook van groot, sentrale kripto-beurse af. Kuberkrakers jag waar die meeste skape bymekaar is, en dit beteken dat platforms wat derdeparty fondse berg altyd die teiken sal wees.

Hierdie absurde syfers dwing ons as ‘n gemeenskap om weereens by beleggers te pleit. Jou eie private sleutels (“seed phrase”) wat binne-in ‘n geënkripteerde, vanlyn hardeware-beursie bly, is heeltemal immuun teen hierdie aanvalle oor die internet.

Wat sê BitBok:

  • As 2026 ons reeds een ding geleer het, is dit dat inbrake op derdeparty platforms die mees winsgewende besigheid vir krakers is.
  • Moet onder geen omstandighede jou welvaart (buiten dit wat jy tans aktief verhandel) op ‘n buite-platform of webwerf los nie.
  • Jy het vandag die tegnologiese vermoë om the veiligste bank in die wêreld vir jouself te wees; moenie hierdie voorreg ligtelik opneem nie.

Bron: https://decrypt.co/news-explorer?pinned=1399412&title=crypto-hacks-have-resulted-in-over-1-billion-in-losses-in-68-incidents-this-year