Nuusbrief: 9 Desember 2025
Markpryse (ZAR) – 9 Des 2025
Notas: Vandag se waardes is vanaf internasionale USD-pryse omgeskakel teen USD/ZAR ~ 17.04. “Gister” vergelyk teen 8 Des se vlakke. Waardes afgerond en kan effens van jou beurs verskil.
Wat sê BitBok: Wanneer ZAR stil raak, sien jy die “ware” kripto-swaai duideliker. Meet jou risiko in rand, werk met kleiner posisies en moenie jou plan verander op grond van ruis nie.
Merkwaardige Kripto-Nuus
SARS skerp fokus op kripto-handelaars. Nuwe internasionale raamwerke (CARF/CRS) maak data-deling strenger in 2026. SA handelaars moet rekordhouding en belastingrapportering noukeurig doen.
VALR se Desember-kompetisie. RLUSD en XRP spot-kompetisie loop 1–31 Desember, met ’n beloningspot van 10 000 RLUSD. Goeie likiditeitstoets vir plaaslike pare.
Markte konsolideer. “On-chain metrics” wys laer korttermyn-verkope terwyl LTH-akkumulasie stabiel bly. Stille USD/ZAR help plaaslike prysing.
Bokdrolletjies
Kort, vinnige nuusflitse wat help om die kripto-landskap van die dag te teken.
- Spot-BTC ETF-vloei gemeng; volume bly lig ná naweek.
- Solana DEX-aktiwiteit bly hoog al trek prys terug.
- USDT/ZAR naby R17.04; min arbitrage-gaps plaaslik.
Het Jy Geweet? Die “Realized Price” vir korttermynhouers draai dikwels naby mark-draai punte, maar langtermyn “Realized Price” is ’n stadiger anker wat die groter siklus help meet.
Leer Meer & Bou Jou Kripto-Kennis
Nuut by selfbewaring? As die sleutels nie by jóú is nie, is die kripto nie regtig joune nie. Hierdie gids verduidelik hoekom selfbewaring jou beste beskerming is en hoe om dit reg te doen.
“Not Your Key, Not Your Crypto” – die goue reël van eienaarskap
BitBok is onafhanklik en word nooit betaal vir positiewe dekking nie. Alle bronne word feitlik nagegaan en sal opgedateer word soos nuwe inligting beskikbaar word.
