Nuusbrief: 25 Desember 2025
Markpryse (ZAR) – 25 Des 2025
Notas: Gister se waardes is as verwysing gebruik. Vandag se pryse is gebaseer op live USD-markte en afgeronde USD/ZAR-omskakeling.
Wat sê BitBok: Bitcoin-handelaars slaap nooit, maar jy mag. Dis Kersdag, fokus op rus, familie en jou langtermyn-plan. As jou strategie net werk wanneer jy elke kers volg, is dit nie ’n plan nie, dis grys hare!
Merkwaardige Kripto-Nuus
Jaar-einde opsies kan ekstra rimpels in Bitcoin en Ether bring. Volgens onlangse markverslaggewing verval daar teen die einde van die jaar ’n groot blok Bitcoin- en Ether-opsies ter waarde van tientalle miljarde dollars. Wanneer soveel kontrakte op een slag herprys of afgesluit word, kan dit tot skielike skommelinge lei namate handelaars hul posisies herbalanseer, veral in ’n week waar likiditeit reeds dun is. Lees meer
Bitcoin gee bietjie prys terug ná sterk jaar, maar kenners bly kalm. Na ’n groot opwaartse beweging in 2025 het Bitcoin onlangs teruggesak tot rondom die middel-$80 000-vlak. Ontleders wys daarop dat langtermyn-aanvaarding, institusionele betrokkenheid en netwerkfundamente steeds gesond lyk, selfs al skrik die korttermyn-volatiliteit baie nuwe beleggers af. Lees meer
Altcoins wys gemengde prent terwyl laer volumes druk op pryse plaas. Terwyl Bitcoin redelik stabiel bly, sien baie altcoins skerper skommelinge namate dun Kersweek-likiditeit groter impak op bestellings het. Bepaalde projekte hou beter stand as die breër mark, maar die patroon bly dieselfde, in dun markte maak kleiner koop- of verkoopvloei groter spatsels op die grafiek. Lees meer
Bokdrolletjies
Kort, vinnige flitse vir Kersdag se mark.
- Baie groot handelaars is met vakansie, wat beteken dat orderboeke dunner is as gewoonlik.
- Dunner likiditeit kan maak dat stops vinniger geaktiveer word, selfs op kleiner nuus.
- USD/ZAR handel vandag rondom R16.67, wat jou ZAR-prentjie direk beïnvloed.
Het Jy Geweet? Op Kersdag 2017 het Bitcoin om en by $14 000 verhandel ná ’n hoogtepunt van byna $20 000 net ’n week tevore, en op Kersdag 2022 was dit weer naby $16 800. Kersfees is dus nie altyd ’n “Santa rally” nie, maar eerder net nóg ’n oomblik in ’n langtermyn-siklus wat van nature baie volatiel is.
Leer Meer & Bou Jou Kripto-Kennis
Bitcoin maak net regtig sin wanneer jy dit in die regte wêreld kan gebruik. Van koffie en kos tot reis en aanlyn dienste, daar is al meer plekke in Suid-Afrika waar jy jou sats kan laat werk, nie net op ‘n grafiek sit en bewonder nie.
Hierdie gids wys jou praktiese voorbeelde van waar en hoe jy Bitcoin in SA kan gebruik, wat om dop te hou met fooie en omskakeling, en hoe om nie jou selfbewaring in te boet net omdat jy IRL wil spandeer nie.
Waar om Bitcoin (BTC) in Suid-Afrika te gebruik in die regte wêreld (IRL)
BitBok is onafhanklik en word nooit betaal vir positiewe dekking nie. Alle bronne word feitlik nagegaan en opgedateer soos nuwe inligting beskikbaar word.
