Nuusbrief: 2 Desember 2025
Markpryse (ZAR) – 2 Des 2025
Notas: Pryse vergelyk teen Maandag 1 Desember se sluitingsvlakke in ZAR. Waardes afgerond en kan effens van jou beurs se live-pryse verskil.
Wat sê BitBok: Wanneer pryse onseker is, wen konsekwentheid. Hou jou posisies klein, plaas stops en bestuur jou risiko in rand. Dis hoe jy bly in die spel.
Merkwaardige Kripto-Nuus
BTC spring effens na verkoopdruk. “On-chain metrics” toon dat korttermynhouers se verkope afneem terwyl langtermynhouers kalm bly. Dit verminder korttermyn druk, maar bevestiging bly nodig.
ETH-aktiwiteit bly robuust. Gasfooie is laag en ontwikkelaarspyplyne bly vol, wat die langtermyn-verhaal ondersteun selfs al is prysaksie gematig.
ZAR stabiel rond 17.1–17.2. ’n Stil wisselkoers help plaaslike beleggers om skommelinge te buffer. Onthou om altyd jou kripto-opbrengs in ZAR te evalueer.
Bokdrolletjies
Kort, vinnige nuusflitse wat help om die kripto-landskap van die dag te teken.
- Spot-BTC ETF-vloei draai neutraal na dae van netto uitvloei.
- Solana DEX-aktiwiteit bly hoog ondanks vandag se rooi pryskerse.
- ETH beurse sien laer likiditeit, wat soms op minder verkoopdruk dui.
Het Jy Geweet? ’n Eenvoudige reël soos 1–2 persent risiko per posisie kan die verskil maak tussen ’n volhoubare plan en roekelose weddenskappe. Klein posisies hou jou in die spel.
Leer Meer & Bou Jou Kripto-Kennis
Jou kripto is net so veilig soos jou saadfrase en wagwoorde. Die meeste verliese gebeur weens swak sekuriteit by gebruikers. Begin by jou grootste kwesbaarheid: jou eie gewoontes.
Beskerm jou kripto – saadfrases, wagwoorde en ‘n volledige sekuriteitsgids
BitBok is onafhanklik en word nooit betaal vir positiewe dekking nie. Alle bronne word feitlik nagegaan en sal opgedateer word soos nuwe inligting beskikbaar word.
