Likwidasies, hefboom en hoekom pryse soms “oorreageer”

Wanneer Bitcoin of ander groot kripto-bates skielik onder belangrike prysvlakke breek, sien ons dikwels dramatiese bewegings wat soos paniek lyk. In werklikheid is dit dikwels gedwonge likwidasies, nie emosionele verkope nie.

Likwidasies gebeur wanneer hefboom-posisies outomaties gesluit word sodra ’n prysvlak getref word. Hierdie meganiese verkope kan ’n kettingreaksie veroorsaak, veral wanneer baie handelaars dieselfde steunvlakke gebruik.

Dit verduidelik hoekom pryse soms:

  • Skielik en vinnig daal
  • Verder beweeg as wat fundamentele nuus regverdig
  • Groot rooi kerse wys sonder noemenswaardige nuwe inligting

Vir langtermyn-beleggers beteken dit een ding: prysaksie is nie altyd ’n weerspieëling van sentiment nie. Dikwels is dit bloot struktuur wat skoonmaak.

Die kernles bly: Vermy oorhefbome, hou jou posisies klein genoeg sodat emosie nie ‘n rol speel nie en fokus op oorlewing, nie maksimum wins nie!

Bronne