Bitcoin ETF’s sien uitvloeie terwyl markte rooi kerse brand

Die kripto-markte is vanoggend in ‘n taamlike bloedbad gewikkel nadat ‘n vlaag van verkoopdruk die pryse van groot bates soos Bitcoin, Ethereum en Solana skerp laer gestuur het. Analiste wys vingers na die onlangse makro-ekonomiese syfers en veral na die noemenswaardige kapitaal-uitvloeie wat by Amerikaanse Spot Bitcoin ETF’s (beursverhandelde fondse) waargeneem word.

Wanneer Wall Street en groot institusionele ETF-beleggers besluit om winste te neem of hul blootstelling te verminder, stuur dit skokgolwe deur die res van die mark. Hierdie “paper bitcoin” verkope druk die “spot” prys op internasionale beurse af. Solana, wat as een van die bestepresterende bates van die maand gesien is, het ook ‘n stewige duik gevat namate spekulante vinnig uitstap om verliese te stop.

Hoewel ‘n swakker Suid-Afrikaanse Rand (wat oornag verswak het) altyd die prys in ZAR-terme ‘n bietjie opstoot, was die internasionale verkoopdruk hierdie keer te sterk en sien ons duidelike dalings op die grafieke vanoggend.

Wat sê BitBok:

  • Skerp dalings (“corrections”) is pynlik, maar heeltemal natuurlik en gesond tydens die verloop van ‘n groter bulmark.
  • Dit was oormatige skuld (leverage) in die mark uit en stel ‘n meer realistiese prys-vloer in vir die volgende stygingsfase.
  • Raak gewoond aan hierdie volatiliteit namate ETF’s die mark oorheers: wanneer Wall Street nies, kry die res van die mark verkoue.

Bron: https://beincrypto.com/bitcoin-etfs-outflow-solana-resilience-may/